Louis Slotin

Louis Alxeander Slotin
Slotin se foto op sy Los Alamos-kenteken

Gebore (1910-12-01)1 Desember 1910}
Winnipeg, Manitoba, Kanada
Oorlede 30 Mei 1946 (op 25)
Los Alamos, Nieu-Meksiko
Vakgebied Fisikus en chemikus
Instelling(s) Los Alamos Nasionale laboratorium
Alma mater King's College in Londen
Bekend vir Kritiese toetse oor Plutonium en die samestelling van kernwapens, die Dollar-eenheid van reaktiwiteit

Louis Alexander Slotin (1 Desember 1910 - 30 Mei 1946) was 'n Kanadese fisikus en chemikus wat aan die Manhattan-projek gewerk het. Sy ouers was Joodse vlugtelinge uit Rusland. Hy is gebore in die North End woonbuurt van Winnipeg, Manitoba in Kanada. Slotin was akademies uitsonderlik en het op 16-jarige ouderdom universiteit betree.[1] Hy het sy B.S.-graad sowel as sy Meesters-graad aan die Universiteit van Manitoba verwerf en later sy doktorsgraad in fisiese chemie aan King's College in Londen in 1936 verwerf. Daarna het hy by die Universiteit van Chicago aangesluit as navorsingsgenoot om te help met die ontwerp van 'n siklotron.[2] In 1942 was hy uitgenooi om deel te neem aan die Manhattan-projek[2] Hy is oorlede na blootstelling aan bestraling tydens 'n eksperiment.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named zeilig22
  2. 2,0 2,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named science.ca

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search